In vandag se RSG Landbou luister ons weer na Graanprodusent van die Jaar, Hansie Viljoen en Prof Charlie Reinhardt lewer waarskuwing oor olieboom-onkruid.
Wenner van Graanprodusent van die Jaar-kompetisie vertel meer
Vanjaar se wenner in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, is Hansie Viljoen van Leeudoringstad. Ons luister weer na die onderhoud wat ons met hom gevoer het oor sy diverse boerdery wat bestaan uit verskeie gewasse en drie soorte beesrasse.
Olieboom-onkruid
En het jy geweet die olieboom-onkruid hou ‘n groot bedreiging vir landbou in? Die saad is gehard en beland dikwels tydens die stroopproses in graan, waarna die graan dan as besoedel geklassifiseer word. Prof Charlie Reinhardt brei hieroor uit.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


