In vandag se RSG Landbou gee Pioneer Saad raad oor sonneblomproduksie en dr Danie Odendaal gesels oor die voordele van die nuwe-generasie kuddegesondheidsplan.
Raad oor sonneblomproduksie
Plant jou sonneblomme vroeg. So reken Philip Fourie van Pioneer Saad. In vanoggend se RSG Landbou gee hy ook raad oor kultivarkeuse, bemesting en plantontwikkeling.
Nuwe-generasie kuddegesondheidsplan
Dan het dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk tydens vanjaar se Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) Veeskool, oor die voordele van die sogenaamde nuwe-generasie kuddegesondheidsplan uitgebrei en ons het hom daaroor uitgevra.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
