HomePodcastsRSG Landbou: 3 Februarie 2026 - geborg deur Husqvarna

RSG Landbou: 3 Februarie 2026 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die oes-vooruitsigte vir die wynbedryf, ons ontvang die nuutste wolmarkverslag en ons vind meer uit oor die beheer van Prosopis-bome.

Oes-vooruitsigte vir die wynbedryf

Volgens Vinpro is daar wynproduserende streke wat vanjaar kleiner oeste gaan lewer. Tog gaan dit ‘n uitstekende oesjaar wees. Moenie ons gesprek met dr Etienne Terblanche hieroor misloop nie. Ons het tydens dié bedryfsorganisasie se produsentedag met hom gesels.

Nuutste wolmarkverslag

Heinrich Victor vertel watter pryse by die laaste wolveiling behaal is.

Prosopis-bome

En het jy geweet dis nie net boere van die Noord-Kaap wat met Prosopis-bome sukkel nie. Cobus van Coller, ‘n graanprodusent van die Viljoenskroon, vertel hoe dié boom ‘n paar jaar gelede by hom beland het en watter beheermaatreëls in plek is.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...