Alkohol- en dwelmmisbruik in die werksplek, en meer spesiek die graanbergingsektor, was onlangs ‘n onderwerp van bespreking tydens ‘n SHEQ-seminaar wat deur Agbiz Grain in Pretoria aangebied is. Daar is veral op daggagebruik gefokus en ons het daar met adv Leon Claassen van SSK gesels.
Ons hoor ook van dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk – hy brei uit oor die waarde van ‘n entingsplan.
Die Boran-beesras het die afgelope jaar uitstekende groei getoon en die telersgenootskap wil graag in 2025 persepsies verander. Christopher Havenga verskaf meer besonderhede.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.