In Woensdag se aflewering van RSG Landbou kuier ons in die koudste deel van die land. Dries Pienaar is ‘n Dohne Merino-boer van Collingham in die Stormberge en ons hoor wat sy benadering tot sy boerdery is.
Dan is die Toyota SA Jong Afslaerskompetisie in volle swang. Talle streekswenners is aangewys en Soya Jita bring RSG Landbou-luisteraars hoogte van waar die kompetisie tans staan.
Silosakke as stoorvorm vir kuilvoer is redelik onlangs eers deel van die Suid-Afrikaanse kuilvoerlandskap. Richardt Venter van AgSci Unlimited gesels oor die voor- en nadele hiervan.
Luister nou na hierdie onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Vleissentraal.
Besoek gerus hulle webwerf hier.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.
Vleissentraal has been synonymous with livestock marketing in South Africa for more than 90 years. The company boasts a long history that testifies to an active role player in the organized agricultural sector.
Vleissentraal aims to negotiate the maximum value of livestock, game and property for both the buyer and seller with fair terms and conditions. The use of technology ensures a fast and accurate service. An average of 1700 auctions are held annually by Vleissentraal, which distinguishes the company as a professional marketer and expert in the field of auctions.
Competent & knowledgeable Auctioneers and Marketers, ensure that best prices are achieved based on supply & demand. Payment is made on agreed terms and favorable payment terms are offered to approved buyers.