In vanoggend se RSG Landbou is daar gesprekke oor individuele voeromsetmeters, ‘n bielie van ‘n Boran-bul, die Bees- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie en die Krip Landboufees.
Die voordele van voeromsetmeters
Hoe kan individuele voeromsetmeters boere help om beter bestuurs- en teelbesluite te neem? Dr Fanie Steyn van Ramsem en Schalk de Villiers van Datamars Africa beantwoord ‘n paar vrae oor dié tegnologie.
Boran-bul vir R1 miljoen verkoop
Stompie Olivier, die eienaar van die Boran-bul wat onlangs vir R1 miljoen verkoop is, gesels met ons.
2025 se beste bees- en skaapboer gesoek
Nominasies is steeds oop vir die 2025 Bees- en Skaapboer van die Jaar, wat jaarliks deur Voermol Voere aangebied word. Dr Josef van Wyngaard kuier in die ateljee.
Meer besonderhede oor Krip Landboufees
Verder vind ons meer uit oor die Krip Landboufees wat vroeg in September in die Magaliesburg-omgewing aangebied word.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.