In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gebruik van rubberstewels in die landboubedryf, lusernsaadproewe en ons ontvang die maandelikse internasionale landbounuus.
Rubberstewels in die landboubedryf
Weet jy waarom rubberstewels deesdae nie van rubber gemaak word nie? Cois Viljoen van Gum Boots Africa praat oor die gebruik van dié stewels in die landboubedryf en hoe die gewilde gumboot-danse in Suid-Afrika ontstaan het.
Lusernsaadproewe
Dan kom lusernsaadproewe onder die soeklig. Ons het tydens ‘n inligtingsdag op Prieska gaan uitvind hoe word hierdie saad getoets om aan verskillende streke in Suid-Afrika se vereistes te voldoen. Bernard Hoepfner van Agrofors is aan die woord.
Internasionale landbounuus
Moet ook nie ons maandelikse internasionale landbounuus misloop nie. Daar is nuus uit onder meer Oostenryk, Nieu-Seeland en Spanje.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.