HomePodcastsRSG Landbou: 27 Februarie 2024 - geborg deur Pioneer

RSG Landbou: 27 Februarie 2024 – geborg deur Pioneer

Konsortium Merino het op 14 Februarie hul 100ste produksieveiling aangebied waar 500 ramme onder die hamer gekom het. Jakkie Nel wat by meer as 80 van die veilings as afslaer opgetree het, gesels oor die gehalte van die diere en suksesse van die konsortium.

Ons gesels ook met Jessica Phatela oor Ntaba Nyoni se 7de jaarlikse produksieveiling wat op 2 Maart vanjaar plaasvind.

Dan brei Chris du Plessis van Indian Ocean Export Company uit oor rooivleisuitvoere.

Heinrich Victor is soos altyd ook op sy pos met ons weeklikse wolmarkverslag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur Pioneer aan jou gebring.

Pioneer is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 36 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...