Monday, March 10, 2025

RSG Landbou: 27 Augustus 2024 – geborg deur die Brahman-beestelersgenootskap

Die derde Overberg Herkouerdag wat by die Roodebloem-proefplaas naby Caledon aangebied is, is vanjaar deur meer as 350 mense bygewoon. Die bestuurder van die proefplaas, Francois du Toit, gee terugvoer.

Stefan Erasmus, ‘n merino-boer van Middelburg in die Oos-Kaap beantwoord die vraag of intensiewe lamstelsels nog winsgewend is.

Verder hoor ons wat dr Liezel Wasserman, ‘n veearts van Clocolan te sê gehad het oor die beheer van dieresiektes in Suid-Afrika.

Dan het die wolseisoen verlede week geopen en Heinrich Victor vertel ons wat by die laaste veilings gebeur het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.

Daar is een vleisbeesras in Suider-Afrika wat die samestelling van kommersiële kuddes verander het weens sy veelsydige prestasie. Kosmeties of geneties is die ras in die kommersialisering van die veebedryf ‘n opsie waarmee rekening gehou moet word. Die bydrae wat tot die stoet- en kommersiële bedryf gemaak is, kan as merkwaardig beskryf word.  

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...

Damage caused by game: Who is legally liable?

Estimated reading time: 5 minutes This raises the question as to whether someone can be...