Marlow Alumni-boeredag: Dis aansteeklik om deel van landbou te wees

Estimated reading time: 2 minutes

Die jaarlikse boeredag-naweek van die Hoër Landbouskool Marlow wat op 2 en 3 Augustus plaasgevind het, was vanjaar des te meer spesiaal met ’n reünie van oud-leerlinge waartydens talle oud-wolramme mekaar raakgeloop en staaltjies uitgeruil het.

Die hoof van die landbouskool, Graham Bellingan, het by die opening van die Marlow Alumni-boeredag gesê dit is ’n unieke ervaring om ’n leerling, of wolram, by Marlow te wees. Dit verg fyn beplanning en spanwerk op alle vlakke om ’n groot boeredag soos dié te reël.

  • Hennie Linde was aan die stuur van sake om die spesiale naweek met behulp van die borge, oud-skolierebestuur en Marlow-personeellede te reël. Die Linde-gesin, van links, is Henk, Hennie, Liane, Lianka en Alri.
    Hennie Linde was aan die stuur van sake om die spesiale naweek met behulp van die borge, oud-skolierebestuur en Marlow-personeellede te reël. Die Linde-gesin, van links, is Henk, Hennie, Liane, Lianka en Alri.

Corné Nel, skaap- en wolbeampte van BKB op Beaufort-Wes, het gesê geleenthede soos die boeredag by Marlow maak dit aansteeklik om deel van landbou te wees. Hennie Linde, wat aan die stuur van reëlingskomitee vir vanjaar se boeredag gestaan het, het BKB as hoofborg vir hul ondersteuning en hulp, en Plaas Media as amptelike mediaborg bedank.

Lees meer oor die onlangse Mpumalanga-pluimveeskou hier.

Vanjaar het 106 stalletjies en aktiwiteite groot aftrek geniet, onder meer ook ’n Marlow-slaglamkompetisie waar oud-leerlinge hul lammers ingeskryf het. Die lamkarkasse was al vroeg Saterdagoggend op die spit onder die toesig van Henry’s Spitbraai se personeel. Die wenners is later die dag na ‘n streng beoordeling aangewys.

  • Marlow se 1974-matriekklas het hul vyftigste skool-reünie gevier. Tian Landman, Giel Vos en Henry du Plessis, veilingskoördineerder by BKB in Humansdorp, was onder die oud-klasmaats wat die naweek saamgekuier het.
    Marlow se 1974-matriekklas het hul vyftigste skool-reünie gevier. Tian Landman, Giel Vos en Henry du Plessis, veilingskoördineerder by BKB in Humansdorp, was onder die oud-klasmaats wat die naweek saamgekuier het.

In die eerste plek was Johan du Plessis van Richmond met ’n Merino-slaglam, tweede plek was wyle TJ de Lange en Thinus de Lange van Cradock met ’n slaglam uit ’n Meatmaster/Witdorper-kruising, en in die derde plek was Andrew Jordaan en Seuns van Cradock met ’n Merino-slaglam.

Alhoewel alle goeie dinge tot ’n einde kom, laat dié saamkuier-naweek, waarvan skouspelagtige rugby ’n groot deel uitgemaak het, ’n soet smaak in die mond en ’n warm gevoel in die hart. – Carin Venter, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Hennie Linde by 082 446 2985 of epos hennielinde@gmail.com.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...