Voermol het op 13 November hul Bees- en Skaapboer van die Jaar aangewys. Kenny Crampton verduidelik wat die doel van dié toekennings is en ons gesels met die twee wenners, Rustin Shawe van Wakkerstroom en Andries Marx van Burgersdorp.
Verder is Tru-Cape optimisties oor vanjaar se kersieseisoen ten spyte van ryp wat vroeë variteite benadeel het. Johan Brink gesels met ons hieroor.
Ons vind ook meer uit oor die Wolforum en Woltoetsburo – Guillau du Toit het tydens ‘n NWKV-inligtingsdag op Fraserburg, met ons hieroor gesels.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.