HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 23 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 23 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Jimie Malan, vierde generasie van die bekende Malanseuns, is vanjaar aangewys as Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met hom oor hierdie prestasie.

Dan het RSG Landbou ook vanjaar se Agri SA-kongres bygewoon. Die president, Jaco Minnaar, brei uit oor die belangrikheid van die kongrestema naamlik, voedselsekerheid.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus. Kroon Vee Brahmane bied op 1 November hulle jaarlikse produksieveiling aan en Gideon van Zyl vertel RSG Landbou-luisteraars wat kopers te wagte kan wees.

Daarna hoor ons by Lynné Roos Aartappels SA wat het gedurende September op die markte gebeur.

Luister nou na dié lekker onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse...