RSG Landbou: 23 Julie 2025

In vanoggend se RSG Landbou is daar meer oor ‘n herrie oor die Vaalputs-kernafvalstortingsterrein, kuilvoertegnologie en twee veilings.

Kommer oor Vaalputs

TLU SA Noord-Kaap het onlangs sy ernstige kommer uitgespreek oor die beplande opgradering en moontlike uitbreiding van die Vaalputs-kernafvalstortingsterrein. Ons gesels met Jan Palm.

Tegnologie vir goeie gehalte kuilvoer

Tegnologie wat gebruik word vir die maak van kuilvoer is hoogs gesofistikeerd en verseker goeie gehalte kuilvoer. Ons hoor wat Heinrich Hoepfner van Exact Silage hieroor te sê het.

Beefmaster- en Dohne-veiling

Dan praat ons oor twee veilings – die Limpopo Beefmaster-veiling van 26 Julie en Crux Dohnes se veiling op 31 Julie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...