Monday, February 3, 2025

RSG Landbou: 22 Oktober 2024 – geborg deur Plaas Media

‘n Boer van Bela-Bela in Limpopo is vanjaar aangewys as TLU SA se Jongboer van die Jaar. Wian Süllwald van RK Boerdery, vertel van dié boerdery wat hoofsaaklik op varkproduksie fokus.

Dan het ons ook die afgelope LRF Veeskool bygewoon en moreoggend luister ons na dr Johnny van der Merwe van AMT. Hy was deel van ‘n paneelbespreking oor die volhoubaarheid en veerkragtigheid van die rooivleisbedryf.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories