HomePodcastsRSG Landbou: 22 Mei 2025 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 22 Mei 2025 – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 2 minutes

In 22 Mei se aflewering van RSG Landbou kan jy uitsien na verskeie gesprekke wat by NAMPO Oesdag plaasgevind het, plattelandse infrastruktuurontwikkeling, vleispryse en weersake.

NAMPO onder die vergrootglas

Vanjaar se NAMPO Oesdag het weereens duisende besoekers gelok. Dr Dirk Strydom van Graan SA gee terugvoer, ons gesels met NG Kerk Derby oor hul betrokkenheid, ons hoor wie het geseëvier by dié skou se interraskampioenskap en ons luister na wat ‘n paar besoekers te sê gehad het.

Plattelandse infrastruktuurontwikkeling het onder die loep gekom tydens ‘n Nasie in Gesprek-paneelbespreking wat by NAMPO plaasgevind het. Theo Boshoff van Agbiz verskaf meer inligting hieroor.

Vleispryse en weersake

Verder is Chris Derksen terug met die week se vleispryse en Johan van den Berg gesels oor landbouweervooruitsigte.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...