RSG Landbou: 22 Januarie 2026

Share This Post

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor die SA Suikerkwekersvereniging se beroep op die regering om die suikerbelasting te skrap, ons vind meer uit oor Crux Dohnes se veiling en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Plaaslike suikerbedryf

Het jy geweet daar is meer as ‘n miljoen mense wat afhanklik is van die plaaslike suikerbedryf? Die SA Suikerkwekersvereniging doen weer ‘n beroep op die regering om die suikerbelasting te skrap ten einde die plaaslike suikerbedryf te help red. Ons gesels met dr Thomas Funke hieroor.

Crux Dohnes hou veiling

Dan vertel Wikus Bekker van Crux Dohnes in die Edenburg-omgewing wat vir hul veiling van 5 Februarie beplan word.

Weeklikse vleispryse en weervooruitsigte

Chris Derksen praat oor die week se vleispryse en moet ook nie Johan van den Berg se weeklikse landbou-weergesprek misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...