Thursday, November 21, 2024

RSG Landbou: 20 November 2024 – geborg deur Plaas Media

Hoekom is dit so belangrik vir werkgewers om die korrekte proses te volg voor ʼn werknemer ontslaan word en watter rol speel die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie? Anneline Scriven van die LWO Werkgewersorganisasie beantwoord ‘n paar vrae oor dié onderwerp.

‘n SHEQ-voldoeningsoudit begin eersdaags onder lede van die graanbergingsektor. Ons het tydens ‘n Agbiz Grain-seminaar wat op veiligheid-, gesondheid- en omgewingskwessies in dié sektor gefokus het, met Jaco Joubert van Overberg Agri oor die oudit gesels.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories