Watter kwessies raak die hoenderbedryf tans en wat maak Suid-Afrikaanse beesembrio’s in Paraguay? Vind uit in vanoggend se RSG Landbou met Lise Roberts.
Pluimveebedryf praat oor hoenderkopsere
Die plaaslike hoenderbedryf bly in die nuus. Izaak Breitenbach van die Suider-Afrikaanse Pluimveebedryf beantwoord ‘n paar vrae oor die impak van voëlgriep, invoere van Brasilië en VSA-invoertariewe
Beesembrio’s suksesvol uitgevoer
Ná maandelange samewerking tussen die Nasionale Genetika Uitvoer-advieskomitee en die staat se Direktoraat vir Dieregesondheid, is in vivo-beesembrio’s suksesvol na Paraguay uitgevoer. Dr Pierre van Rooyen gesels met ons hieroor.
Weer- en vleissake
Chris Derksen praat oor die jongste vleispryse by veilings in die Noord-Vrystaat en Johan van den Berg gesels oor die weervooruitsigte.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

