Thursday, September 19, 2024

RSG Landbou: 19 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 1 minute

Verskeie landbouorganisasies het die afgelope tyd hul ontsteltenis uitgespreek oor ‘n onlangse reeks gevalle waar beeste in die Vrystaat vermink en geslag is. Ons gesels met Louis Wessels van die Veediefstalvoorkomingsforum hieroor.

Dan vind ons ook meer uit oor die gewildste vrug ter wêreld, piesangs. Alhoewel Suid-Afrika slegs na ons buurlande uitvoer, kan ons spog met wêreldklas-navorsing oor dié vrugte. Suné Wilshire van Du Roi Laboratorium by Letsitele vertel ons meer. Dan is daar soos altyd nuus oor vleispryse en weervooruitsigte.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories