RSG Landbou: 19 November 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor koringprodusente van die Swartland, ons gesels oor werkgewer en vakbond interaksie en Husqvarna gee vir ons raad oor kettingsae.

Koringprodusente van die Swartland

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat koringprodusente van die Swartland verliese ly. Volgens Jacques Bester, ‘n produsent van Moorreesburg, is daar iemand in die waardeketting wat wins maak, maar dis beslis nie die boer nie. Kom luister vanoggend in RSG Landbou wat hy te sê het.

Werkgewer en vakbond interaksie

Vir baie werkgewers maak ’n vakbond dikwels onverwags sy verskyning en dan is die vraag of so ‘n vakbond die wettige reg het om erkenning te versoek. Ons gesels met die LWO Werkgewersorganisasie hieroor.

Husqvarna gee raad oor kettingsae

Ons praat ook oor kettingsae wat dikwels op ‘n plaas gebruik word. Ruan van Schalkwyk van Husqvarna beantwoord ‘n paar vrae en gee raad oor die regte keuse saag vir die taak, veilige gebruik en algemene instandhouding.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....

RSG Landbou: 2 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Aartappels SA se navorsingwerk, Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree 'n opwindende nuwe hoofstuk...