Thursday, November 21, 2024

RSG Landbou 19 November 2024 – geborg deur Plaas Media

Volgens Egiptiese muurskilderye is daar al in 1200 tot 1500 voor Christus kuilvoer gemaak. So sê Sjoerd ten Cate van Feedtek. Ons gesels verder met hom oor die produksie van goeie gehalte kuilvoer.

Heinrich Victor is ook terug met ons nuutste wolmarkverslag.

Dan kom beesbrusellose ook onder bespreking met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories