HomePodcastsRSG Landbou: 19 Januarie 2026

RSG Landbou: 19 Januarie 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Suid-Afrikaanse lietsjie-bedryf, Fire Sky Ankole se veiling en die voorgestelde minimumloon vir 2026.

Suid-Afrikaanse lietsjie-bedryf

Het jy geweet sowat 55% van Suid-Afrika se totale lietsjie-oes word uitgevoer, hoofsaaklik na Europa en die Verenigde Koninkryk? In vanagoggend se RSG Landbou gesels ons met Derek Donkin van Subtrop oor die Suid-Afrikaanse lietsjie-bedryf.

Fire Sky Ankole hou veiling

En as jy belangstel in top Ankole-beesgenetika, moenie ons gesprek met Bernard Swanepoel van Fire Sky Ankole misloop nie. Hulle bied op 31 Januarie saam met ‘n paar ander produsente, ‘n aanlynveiling aan.

Voorgestelde minimumloon vir 2026

Verder hoor ons wat Bennie van Zyl van TLU SA te sê het oor die voorgestelde minimumloon vir 2026.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

Meet the new NAMC board