RSG Landbou: 18 Junie 2025 – geborg deur Plaas Media

In vanoggend se RSG Landbou, aangebied deur Lise Roberts, bespreek sy verskeie landbousake, vanaf brusellose tot die GSSA-kongres. Luister hieronder.

Melksake

Brusellose is ‘n soönotiese siekte wat beteken dat die siekte ook aan mense oorgedra kan word. Ons praat met dr Mark Chimes van Melk SA hieroor.

Kongres-terugvoer en Wol-direkteur

Paul Lynch van Standard Wool is verkies as direkteur van die Internasionale Woltekstiel-organisasie. Hy gesels oor sy loopbaan en sy bydrae tot die internasionale wolbedryf.

Verder word die 60ste kongres van die Weidingsvereniging van Suid-Afrika of GSSA vroeg in Julie aangebied en prof Leslie Brown vertel meer.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....