In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die appel- en peer-oesseisoen en Omnicure deel ‘n paar wenke vir die beheer en bestuur van dieresiektes.
Appel- en peer-oesseisoen
Haelskade in sommige produksiegebiede het ‘n demper op Suid-Afrika se appel- en peer-oesseisoen geplaas. Die seisoen het ook vroeër as gewoonlik afgeskop. Roelf Pienaar van Tru-Cape sê hoewel die skade kommer wek, bly die bedryf versigtig optimisties. Ons gesels verder met hom hieroor.
Beheer van dieresiektes in SA
Dieresiekte-uitbrekings is nie nuut nie, maar die omvang en herhaling wat ons tans in Suid-Afrika ondervind, is kommerwekkend. Die fokus op streng biosekuriteitsmaatreëls is nou meer intens as ooit. Cois Viljoen van Omnicure deel ‘n paar wenke.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.