Thursday, September 19, 2024

RSG Landbou: 17 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 1 minute

Wanneer die opvolgstrategie by ‘n familieboerdery nie fyn beplan word nie, kan die pap op die grond val. Dit was die woorde van Theo Vorster van Galileo Capital, by die afgelope Agri Noord-Kaap-kongres. Tydens dieselfde geleentheid het Janine Byleveld van die Agri Noord-Kaap-stigting met ons oor die suksesvolle Red-’n-plaas, Red-‘n-gemeenskap-projek gesels. Daar is sowat R13 miljoen ingesamel.

Dan is Heinrich Victor ook terug met ons jongste wolmarkverslag.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories