In vandag se RSG Landbou gesels ons met die 2025 Lamb Champs-wenner, ons vind meer uit oor risikobestuur in die rooivleisbedryf en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.
2025 Lamb Champs-wenner
Wees trots op jou produk en wys wat jy kan doen. Dis die raad wat die 2025 Lamb Champs-wenner, Hennie Jonker, met vanjaar se kompetisiedeelnemers wil deel. Ons gesels met hom oor die Hampshire Down-skaapras waarmee hy boer en hoe die kompetisie tot sy boerdery bygedra het.
Risikobestuur in die rooivleisbedryf
Die maatskappy, Agrifusion, is besig om ’n sogenaamde ESG-kaart in samewerking met Rooivleisbedryfsdienste te ontwikkel met die oog op risikobestuur in die rooivleisbedryf. Frans van Wyk vertel wat dit behels.
Nuutse wolmarkverslag
En dan is Heinrich Victor terug met die nuutste wolmarkverslag.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.