In vanoggend se RSG Landbou is daar gesels oor die LRF-veeskool, die wolmarkte en Nu Alcade Bonsmaras se veiling.
Veeskool om die draai
Prof Bob Weaber van die Kansas State University in die VSA is een van die sprekers by vanjaar se veeskool wat in Oktober deur die Lewendehawe Registrerende Federasie aangebied word. Hy fokus op die toekoms van genetika. Thys Meyer brei hieroor uit en gesels ook oor ander onderwerpe wat tydens die veeskool bespreek sal word.
Wolmarkverslag en Vleissentraal-veiling
Heinrich Victor is terug met die nuutste wolmarkverslag en ons praat met Carel Chalmers van Vleissentraal oor die 39ste produksieveiling van Nu Alcade Bonsmaras.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


