In vanoggend se RSG Landbou stel ons jou voor aan dr Charl van der Merwe. Hy het op 1 Mei die stoel as algemene bestuurder van Agbiz Grain ingeneem.
Die beste nuwe innoverende suiwelproduk by vanjaar se Bloemskou-suiwelkampioenskappe is deur Die Kaaskamer van Pretoria gemaak. Ons hoor by Karen Serfontein wat dié kaas so uniek maak.
Verder vertel Chris Derksen wat hierdie week met vleispryse gebeur het en Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met ons landbouweernuus.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



