In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr Frikkie Maré gesels oor die rooivleisbedryf in 2025.
Agbiz oor fokuspunte vir 2026
Waarom speel sentiment so ‘n belangrike rol wat groei in die landbou betref? Dit is een van die vrae wat tydens die onlangse Agbiz-mediadag in Pretoria beantwoord is. En het jy geweet sakevertroue in die landboubedryf het in die vierde kwartaal van 2025 met vyf punte tot 67 gestyg? Theo Boshoff het met ons hieroor gesels.
2025 Nasionale Meestersuiwelboertoekennings aangekondig
Die Landbounavorsingsraad (LNR) het in November die wenners van hul 2025 Nasionale Meestersuiwelboertoekennings aangekondig en ons hoor wat ‘n paar van ons top melkboere te sê het.
Rooivleisbedryf in 2025
Moet ook nie ons gesprek met dr Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie misloop nie want, ten spyte van bek-en-klouseer, het rooivleispryse die afgelope jaar met tussen 20 en 40% verbeter.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
