HomePodcastsRSG Landbou: 14 Mei 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 14 Mei 2025 – geborg deur BKB

Wat is die gevolge van die afwesigheid van ‘n skriftelike dienskontrak tussen werkgewer en werknemer en wat moet volgens wet minstens in dié kontrak wees? James Pretorius van LWO-werkgewersorganisasie beantwoord hierdie en ander vrae oor dienskontrakte.

Melk SA se vaardigheidsontwikkelingsprogram vir lede van die sekondêre suiwelbedryf is oor baie jare geskep en so gestruktureer dat talle lede van die waardeketting daarby baat. Gerhard Venter van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerders-organisasie (SAMPRO) brei uit oor die tipe opleiding wat aangebied word.

Dan het dr Hinner Köster tydens die Bloemskou met ons gesels oor die betrokkenheid van die Herefordbeestelersgenootskap

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Citrus export estimates show moderate growth

Estimated reading time: 4 minutes Despite the conflict in the Middle East and its knock-on effects on the worldwide agricultural industry, the South African citrus...