Veeartsenykundige dienste in Zimbabwe het verlede week die uitbreking van ‘n veesiekte, Theileriose, bevestig. Dié siekte word deur die bruinoor-bosluis oorgedra. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik waarom die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling plaaslike veeprodusente waarsku.
Corné Nel vertel wat ons van vanjaar se Beaufort-Wes Landbouskou, wat vanaf 6 tot 9 Maart aangebied word, kan verwag.
Verder is daar soos altyd ook nuus met Johan van den Berg oor die weer, en met Chris Derksen oor vleispryse.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.