Vetplantdiewe in Noord-Kaap vasgetrek

Estimated reading time: 1 minute

Die Noord-Kaap se bron van seldsame vetplante bied groot aantrekkingskrag aan vetplantsmokkelaars. Hierdie bron word al vir etlike jare geplunder en dit is veral kopers vanaf Oos-Asië wat bereid is om ’n prys te betaal vir dié vetplante. Die polisie het egter verskeie suksesvolle inhegtenisnemings bewerkstellig.

Drie mans is vroeg in Februarie in Nieuwoudtville in hegtenis geneem nadat ’n groot aantal beskermde vetplantspesies in hul besit gevind is. Die waarde van hierdie plante word op R3 miljoen beraam. Die verdagtes sal in Calvinia se landdroshof verskyn nadat die saak volledig ondersoek is.

In 2022 het die polisie op Kuruman, na aanleiding van ’n wenk, drie Zimbabwiërs in hegtenis geneem. Die diewe het glo 2 850 beskermde plantspesies in hul besit gehad. Die waarde van dié plante word op R446 500 beraam. Na verdere ondersoek het die polisie ’n vierde persoon in hegtenis geneem wat gehelp het om die vetplante te vervoer. Die verdagtes is vanjaar elk tien jaar gevangenisstraf opgelê. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Strategieë vir die voerkraalvoorbereiding van kalwers

Estimated reading time: 7 minutes Voerkraalvoorbereiding, beter bekend as backgrounding, verwys na ’n fase...

Veediefstal: Omgewingskriminologie en misdaadanalise

Estimated reading time: 5 minutes Veediefstal is ‘n misdaad wat ouer as die berge...

Amendments in respect of tenure on farms

Estimated reading time: 4 minutes The Extension of Security of Tenure Amendment Act, 2018...

Behou hoë reproduksiesyfers met behulp van prulfout-identifisering

Estimated reading time: 4 minutes Produsente moet weet watter aspekte van veeboerdery uiteindelik tot...