Tuesday, February 4, 2025

RSG Landbou: 13 November 2024 – geborg deur Nutrico

In vanoggend se RSG Landbou kuier ons op die plaas, Spekboomberg in die Cradock-distrik, by Andrew Jordaan en sy seun. Hulle is hoofsaaklik Merino-boere met ‘n ryk familiegeskiedenis. Ons hoor onder meer hoe die gebruik van data tot hulle voordeel is. 

Vermorsing in die voedsel- en verpakkingsbedryf bly ‘n uitdaging wêreldwyd. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, of BFAP, het vir Aartappels SA hieroor navorsing gedoen en Dirk Uys brei uit oor die verslag en wat dié bedryfsorganisasie doen om die probleem aan te spreek.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.