Thursday, December 12, 2024

RSG Landbou: 13 April 2023 – geborg deur AECI Plant Health

‘n Roofdierforum is onlangs deur Wildbedryf Suid-Afrika bekendgestel om die bedryf te help om norme en standaarde te vestig, asook die bestuur van roofdiere deur genetiese navorsing te verbeter. Richard York van WRSA gesels met ons hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Dan is dit nou tyd om in te skryf vir die 2023 Toyota SA Nasionale jong afslaerskompetisie. Soya Jita praat met RSG Landbou-luisteraars oor die waarde van dié geleentheid vir jongmense.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories