Die rol van aminosure by gewasse kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Kenny Beeton van Nutrico beantwoord ‘n paar vrae.
Dan bied die Suiwelstandaardagentskap maandeliks ‘n webinaar aan en onderwerpe soos wetgewing in die suiwelbedryf en pesbeheer op plase, word bespreek. Jacqueline Odendaal brei hieroor uit.
Verder hoor ons by Jaco van der Westhuizen van Grainvest hoe die sojaboonmeelbedryf die afgelope dekade gegroei het en die rol wat dit by varkvoeding speel.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.