RSG Landbou: 12 Mei 2025 – geborg deur BKB

Die waarde van ‘n goeie teelbeleid kan nie onderskat word nie. Dit het Charl Saunderson van Nooitgedacht Dorperstoet al oor en oor bewys. Hy brei ook in vanoggend se RSG Landbou uit oor die seleksieproses wat hy volg.

Ons kry terugvoer oor vanjaar se Bloemskou en praat onder andere met Kobus Lötter oor die kwaliteit van die diere wat deelgeneem het aan die Wêreldboerbokskou.

Verder bied Etienne van Tonder Bonsmaras op 17 Mei hul veiling op Bela-Bela aan en Jandré Neethling vertel ons meer.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Related

RSG Landbou: 8 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar-kompetisie, topgenetika en die belangrike rol wat...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...