In vanoggend se RSG Landbou is daar gepraat oor bloubessies, die konsekwente toepassing van sanksies in die werkplek, vleispryse en weer.
Navorsing oor bloubessies
Suid-Afrika het ‘n reputasie as ‘n uitvoerder van hoë gehalte vrugte. Herman Louw van Fall Creek praat oor die produksie van bloubessies in Suider-Afrika en die navorsing en ontwikkeling waarmee hulle besig is.
Sanksies in die werkplek
Dan kuier die LWO-werkgewersorganisasie weer in die ateljee en brei uit oor die belangrikheid van konsekwente toepassing van sanksies in die werksplek.
Vleispryse en weer
Daar is soos altyd nuus oor vleispryse en Johan van den Berg is terug met landbou-weernuus.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


