HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 11 Mei 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 11 Mei 2023 – geborg deur BKB

Een van die uitdagings ten opsigte van suiweluitvoere, is ‘n nasionale residu-moniteringsprogram wat meer as tien jaar gelede tot niet gegaan het. Volgens Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap, laat die staat die plaaslike bedryf in die steek en sal die privaatsektor graag hierby betrokke wil raak. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons hoe dié probleem aangespreek kan word.

Brandbeveiliging in die werksplek, veral in die graanhanteringsbedryf, is ‘n ingewikkelde proses en daar is wetgewing waaraan voldoen moet word. Liebrecht Swanepoel van LDS-brandbeveiligingskonsultante gesels oor die vereistes.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 24 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed by Somerset-Wes aangebied is....