Bokhaarmark toon negatiewe groei in April

Share This Post

Estimated reading time: 2 minutes

Die rand het gedurende April 2023 redelik wisselvallig vertoon. Teen die einde van die maand het die geldeenheid sy krag verloor en teen onderskeidelik R18,29 en R20,13 teenoor die Amerikaanse dollar en die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) is steeds aan die styg en was vir April 7,1% op ʼn jaar-tot-jaar grondslag terwyl die produsente prysindeks (PPI) het gedaal na 10,6% toe vir dieselfde maand. Die daling in die PPI kan ʼn positiewe aanduiding wees dat die VPI moontlik kan stabiliseer of begin daal.

Die geelmielieprys bly onder druk en het weereens groot prysdalings ervaar. Dit het ongeveer R550/ton tydens April verswak en teen R3 615/ton gesluit.

Lees meer oor ‘n suksesvolle sybokhaarprodusent hier.

Die wolmark het gedurende April aanvanklik verswak, maar soos die maand verloop het, was veral die Chinese kopers meer aktief terwyl die Australiese mark ook versterk het. Hierdie faktore, saam met die verswakking van die rand, het die prys van wol weer laat styg.

Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoon wol het in April teen R187,56/kg gesluit. Die bokhaarmark het negatiewe groei getoon tydens die maand met die aanwyserprys wat teen R374,33/kg gesluit het. Tydens die tweede veiling van die maand was daar sterk kompetisie tussen kopers spesifiek vir fyn bokhaar wat die gemiddelde prys van kleinbokkiehaar teen R647,71/kg laat sluit het.

Beeskarkaspryse waas weereens stabiel tydens April. Die gemiddelde A2-prys het teen R55,01/kg gesluit, die B2-prys teen R49,10/kg en die C2-prys teen R45,79/kg. Die maand het goed begin met ‘n styging in die speenkalfprys, maar dit het ongelukkig weer verswak na einde van die maand toe en teen R33,53/kg gesluit. Die hoë aanbod van speenkalwers plaas druk op die prys.

Die pryse van skaap- en lamkarkasse het ‘n wisselvallige maand beleef met pryse wat eers versterk het en daarna verswak het na einde van die maand toe. Die A2-prys het teen R84,05/kg gesluit, die B2-prys teen R59,38/kg en die C2-prys teen R54,96/kg.

Kry die weeklikse rooivleispryse nou.

Speenlampryse het egter verligting gebring aangesien dit deurlopend versterk het en teen R41,67/kg gesluit het. Die verwagting is dat die prys verder sal styg met die laer aanbod tydens die winter. Die prys van klas O-varkkarkasse (Figuur 1) het tydens April gestabiliseer nadat die prys vir ‘n lang tyd verswak het en die maand het teen R30,07/kg afgesluit. – Hannes Venter en Frikkie Maré, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...