Friday, October 18, 2024

RSG Landbou: 11 Januarie 2024 – geborg deur BKB

Frans de Klerk gee perspektief oor die beweging van die rand en brentolie-prys in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Die Oos-Kaap met sy diverse landboulandskap het ook die afgelope tyd goeie reën ontvang. RSG Landbou gesels met Peter Cloete van Agri Oos-Kaap hieroor.

Veilings het hervat en Chris Derksen bring ons weer op hoogte van die vleispryse wat die afgelope week by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg gesels soos altyd ook weersake.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories