Sunday, March 9, 2025

RSG Landbou: 10 September 2024 – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes

In September word Wêreldskolemelkdag gevier – wat is die doel hiervan en watter aktiwiteite word plaaslik aangebied ter viering? Christine Leighton van Melk SA beantwoord hierdie vrae.

Heinrich Victor is terug met ons jongste wolmarkverslag.

Dan hoor ons wat in die Noord-Kaap gedoen word om indringers soos die Prosopis– en Swarthaak-boom te beheer. Aben Anthonissen van Agri Noord-Kaap verskaf meer inligting. Dis RSG Landbou, om vyf en twintig oor vyf, met Lise Roberts.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories