Thursday, September 19, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 10 Oktober 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 10 Oktober 2023 – geborg deur BKB

Wolveilings het in Augustus vanjaar hervat, maar die mark bly op en af. Die goeie nuus is egter dat die vraag na Suid-Afrikaanse wol steeds hoog bly. Leon du Plessis van BKB gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor in Dinsdag se aflewering van die program.

Baalnette word vir kuilvoer, gras, en dies meer gebruik, maar wat is die voordeel van baalnette? Johan Bender van TWK Agri beantwoord hierdie vraag op RSG Landbou.

Heinrich Victor bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van pryse wat by die laaste wolveiling behaal is.

Pannar het in 2018 met mieliekuilvoerkultivarproewe in KwaZulu-Natal begin en Grant Pringle gee terugvoer hieroor.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 17 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 1 minute Wanneer die opvolgstrategie by ‘n familieboerdery nie fyn beplan word nie, kan die pap op die grond val. Dit was...