Die Graanprodusent van die Jaar-toekenning met ‘n ryk geskiedenis oor 22 jaar, word jaarliks deur Graan SA aangebied. Op 20 Oktober word die wenner van dié toekenning aangewys. Daar is vanjaar twee finaliste en in Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Andries Els van Bothaville.
Sybokhaarproduksiegebiede lyk goed na die reën maar die mark is onder druk, grootliks as gevolg van China wat geheel uit die mark vir grootbokhaar is. RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat Pierre van der Vyver van The House of Fibre hieroor te sê het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.