In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor sporidesminvergiftiging, presisie-skaapboerdery en ons ontvang die nuutste wolpryse.
Sporidesminvergiftiging
Die vergifting van melkbeeste se lewers staan as sporidesminvergiftiging bekend. Het jy geweet Nieu-Seeland sukkel al 50 jaar om ‘n oplossing vir dié probleem te kry? Dis ook ‘n navorsingsprojek van Melk SA en dr Heinz Meissner is aan die stuur. Hy vertel ons meer.
Presisie-skaapboerdery
Presisie-skaapboerdery is ook onder bespreking en Isak Staats van BKB verduidelik wat dit behels en watter voordele dit vir die produsent inhou.
Nuutste wolpryse
Dan is Heinrich Victor oudergewoonte terug met die nuutste wolpryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.