Tuesday, March 11, 2025

RSG Landbou: 1 Mei 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die Wupperthal Oorspronklike Rooibos Primêre Landboukoöperasie is onlangs deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Rooibos Beperk, as die Beste Volhoubare Rooibosgemeenskap in agri-verwerking, aangewys. Ons gesels met Barend Salomo oor die werk van 77 kleinboere.

Dan was vanjaar se Onderstepoort Voerkraaluitdaging vol skaapstreke. Vyfdejaar veeartsenystudente kon deelneem en ons hoor wat ‘n paar van die spankoördineerders oor dié ervaring te sê gehad het.

Qualitrio Bonsmaras hou 9 Mei ‘n produksieveiling in die Viljoenskroon-omgewing. Paul Maré vertel ons meer van die opkomende veiling.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health

AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...