RSG Landbou: 1 Desember 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Andries Gouws oor sy 51 jaar as landbouskrywer en ons gesels met Agri SA oor die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

51 Jaar as landbouskrywer

In vanoggend se RSG Landbou gesels ons met die 84-jarige Andries Gouws oor sy 64 jaar lange loopbaan as joernalis, waarvan hy 51 jaar as landbouskrywer spandeer het. Hy sê vir hom was joernalistiek nie ‘n werk nie, maar ‘n lewenswyse. Kom luister saam na ‘n paar staaltjies en hoogtepunte wat hy met ons deel.

Suid-Afrikaanse landbou

Die Harrismith distriksboere-unie het onlangs hul jaar afgesluit met ‘n byeenkoms van boere uit die omgewing en verskeie sprekers. Johann Kotzé van Agri SA was ook daar en hy gee terugvoer oor die geleentheid, sy onlangse besoeke aan China en die VSA, en hoe ons boere met hulle s’n vergelyk.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Quality wools support market at the fifth wool sale

Estimated reading time: 2 minutesThe fifth wool sale of the season featured mostly fine micron wools. According to Cape Wools, the market continued to...

Die nuwe werklikheid van ’n super-El Niño

Estimated reading time: 6 minutesVanjaar se aflewering van NAMPO Kaap het verskeie paneelbesprekings en bymekaarkomgeleenthede gebied, waaronder ’n interessante seminaar oor beskermde landbou in...

Dairy Digits: August 2026

Dairy Digits is a monthly report on the latest key market indicators in respect of unprocessed milk and dairy products, and other dairy market...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minuteJohan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou.Luister...

RSG Landbou: 17 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou is daar meer oor die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling, Serfbred Brahmane se Brahman bul wat die hoogste...