RSG Landbou: 02 Junie 2025 – geborg deur Plaas Media

Ons gesels met een van die finaliste in die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie, vind meer uit oor die oorsake van aborsies onder vee en die opkomende Selected Star Savanna-veiling wat binnekort plaasvind.

Dit is weer Klimaatslim tyd

Twee finaliste ding mee om die titel as die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur. In vanoggend se RSG Landbou gesels Willie Storm van die Olifantshoek-omgewing oor die klimaatslim boerderypraktyke wat hy toepas.

Vee en Veilings

Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk bespreek die oorsake van aborsies onder vee en dan is Anton Barnard ook aan die woord oor die Selected Star Savanna-veiling van 14 Junie by Polokwane.  

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...