Estimated reading time: 2 minutes
Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- CropLife SA het ‘n paar jaar gelede ‘n plaagdoderverpakking-herwinningsprogram van stapel gestuur. Dr Gerhard Verdoorn brei nou hieroor uit.
- Weerstand teen onkruiddoders word ‘n probleem wat al meer kop uitsteek en onderdosering is een van die groot sondebokke. ‘n Kenner op dié gebied, prof Charlie Reinhardt, werp nou meer lig op dié kwessie.
- Die Williston Landbouskou is om die draai en Wilhelm Steenkamp vertel ons wat vanjaar se program behels.
- Wêreldvleilanddag word jaarliks op 2 Februarie gevier. Dr Althea Grundling van die Landbounavorsingsraad brei uit oor die belangrikheid en waarde van vleilande, en waarom die bewaring hiervan juis nou so krities is.
- Wetlands globally are incredibly important to people and nature. Life thrives in wetlands. But what are they? And how do peatlands differ? The Agricultural Research Council is the driving force behind this one-of-a-kind documentary, featuring South African peatlands and the crusaders who are driving the fight to preserve them. Enjoy this production on World Wetlands Day.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.