Overberg Agri sien uit na jaarlikse Herkouerdag

Share This Post

Herkouers speel ‘n sleutelrol in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, en dit is die fokus van Overberg Agri se derde jaarlikse Herkouerdag op 15 Augustus. Hierdie geleentheid, wat by Overberg Agri se navorsingsplaas, Roodebloem, in Caledon gehou word, bied aan boere die kans om waardevolle praktykgerigte kennis, demonstrasies en produksietegnieke te verwerf.

Die program begin met ‘n bespreking oor kriptosporidiose deur dr Liezel Wasserman van Clocolan-dierekliniek. Dit word gevolg deur ‘n sessie met Isak Staats, algemene bestuurder van wol- en bokhaar by BKB, wat die volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse wolbedryf sal bespreek. Prof Robin Meeske van Outeniqua-navorsingsplaas sal dan praat oor die inkuiling van gewasse.

‘n Interaktiewe vraag-en-antwoord-sessie sal later die oggend plaasvind met bekendes soos veearts dok Faffa Malan, Wilco Fick van Alpha-plaas in Caledon, Hume Schönfeldt van Heuningneskloof, Cobus Uys uit die Overberg-distrik, en Christoff Lourens van Schietpad Merino’s. Stefan Erasmus sal daarna oor intensiewe lampraktyke praat.

Na die middagete sal Phillip Meiring, tegniese verkoopsbestuurder vir herkouers by Adisseo Suid-Afrika, insigte deel oor aminosuurbalansering en die toekoms van proteïenvoeding. Dok Faffa sal sy visie vir die toekoms deel, en dr Richard van Wyk sal die dag afsluit met ‘n inspirerende toespraak.

Plaas Media is trots om die eksklusiewe mediaborg vir die dag te wees. Vir verdere inligting, kontak asseblief Ruben Badenhorst by 076 697 6159 of stuur ‘n e-pos na rubenb@overbergagri.co.za.


Herkouerdag moedig volhoubaarheid aan

Overberg Agri het verlede jaar sy tweede herkouerdag op die maatskappy se Roodebloem-proefplaas naby Caledon in die Suid-Kaap aangebied. Ruben Badenhorst, landbou-adviseur van die maatskappy, het in sy verwelkoming gesê Overberg Agri bied vir etlike jare al graaninligtingsdae aan. Met die herkouerdag word vee-georiënteerde inligting aan produsente oorgedra om die volhoubaarheid van hul boerderye te verseker.

Die eerste herkouerdag van sy soort is verlede jaar aangebied en met vanjaar se opkoms van ongeveer 300 mense, is dit duidelik dat daar ’n behoefte aan vee-inligting is, het hy gesê. Die dag het oor verskeie vertakkings van veekunde soos veeartseny, voeding, wol, bemarking, vleis, die ekonomie van veeboerdery en demonstrasies van die nuutste tegnologie gehandel.

Van die onderwerpe wat bespreek is, was die potensiaal van en uitdagings in die rooivleisbedryf, wurmweerstand, die beperking van reproduksieverliese deur siektevoorkoming, mikotoksiene se invloed op prenatale reproduktiewe sukses, en die vermindering van lamvrektes. Daar was ook ’n paneelbespreking oor wat skaapboerdery suksesvol maak en ’n ekonomiese analise van skaapboerdery.

Klik op die skakel om meer te lees:

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...