Saturday, September 28, 2024

Onderstepoort-voerkraaluitdaging is nie speletjies nie!

Estimated reading time: 3 minutes

Die 2024 Onderstepoort-voerkraaluitdaging was die 17de uitdaging van sy soort en die studente moes, soos verlede jaar, ’n skaapvoerkraal bestuur. Dr Andy Hentzen, ‘n bekende veearts in voerkraalkringe en senior lektor by die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde, was die koördineerder van hierdie uitdaging.

Sr Reinette Ludike en Lana Botha, ’n veterinêre tegnoloog van die Onderstepoort-kampus, was dr Hentzen se assistente en mede organiseerders. Plaas Media, Zoetis, AFGRI Veevoere en Tal-Tec was vanjaar die borge wat die uitdaging ondersteun het.

Vanjaar se agt spanne en die spankoördineerders was: To Kill a Flockingherd (Marnus Zaaiman), Rassie Ewe-Rasmus (Danielle Ardnold), Ram-Page (Alika Steyn), The Lambshank Redemption (Michelle Fowler), Baabie (Adriaan Lotriet), Ram-Bo (Mia Esterhuyzen), Flockumentary (Casper Venter), en Rolling in the Sheep (Sydney Read).

Wat was anders?

Volgens dr Hentzen was daar verskille tussen 2023 en 2024 se uitdagings. Eerstens is die skape wat hulle vanjaar in die voerkraal ingebring het, jonger as verlede jaar s’n en dit was ook ’n ander skaapras, naamlik SA Vleismerino’s.

Dr Andy Hentzen tydens die op-die-hoef-beoordeling.

Hulle het vanjaar ook langer (64 dae in totaal) in die voerkraal gevoer as in 2023. Dr Hentzen sê dit is meer uitdagend vir die studente om langer te voer. Die laaste verskil was ’n bykomende kompetisie. Elke span moes ’n video-advertensie vir Zoetis-produkte maak. Die span wat hier geseëvier het, was Ram-Bo.

Beoordeling

Jan de Jong van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (Safja) is ‘n bekende skaap- en beesinterrasbeoordelaar. Hy het ’n op-die-hoefbeoordelingskursus aangebied en ook die studente se skape op-die-hoef beoordeel.

Besig met op-die-hoef beoordeling is, van links, beoordelaar Jan de Jong, en Joshua Stockigt en Casper Venter van Flockumentary.

Die wenners in hierdie afdeling was:

  • Beste groep ooie: Rassie-Ewe-Rasmus.
  • Beste groep ramme: Ram-Page.
  • Kampioenooi: Rassie-Ewe-Rasmus.
  • Kampioenram: To Kill a Flockingherd.

Bepaling van die wenspan

Studente kry punte vir alles wat hulle tydens die uitdaging doen en word op grond van vyf kriteria getoets. Dit sluit produksieparameters, voeromset, persentasie gewigstoename, en winsgewendheid in. Die produksieparameters meet onder andere algemene bestuur, voerhantering, krip- en kraalbestuur.

Nog ’n afsonderlike toekenning wat gemaak is, was vir die finale voorlegging. Flockumentary het hierdie afdeling van die uitdaging gewen. Ram-Page het uiteindelik as die algehele wenners uit die stryd getree.


Die wenspan van Ram-Page. Agter van links is Mziwonke Gagela, Kaela Els, Nikyle Singh, Ilona Boshoff, D’Preez Hattingh, Natalie la Grange, Hannah Fletcher, Mudanalo Maselesele en Muhammad Moola. In die middel is Rachelle Stoffberg, Anri McLean, Taarika Moodley, Luchelle Houndsome, Alika Steyn, Mieke van der Westhuizen en Kreshalia Ephraim. Voor van links is Illhaam Ederies, Shawna Anthony en Simphiwe Gamedze. (Ezandrie van der Walt en Timothy Motseme was afwesig).

Maak ’n draai op Plaas Media se YouTube-kanaal, Plaas/Farm TV, en kyk na die video “Skaapstreke en sterk kompetisie by 2024 Onderstepoort-voerkraaluitdaging” om te sien wat al die spanne te sê gehad het oor vanjaar se uitdaging. Alika Steyn deel ook hul span, Ram-Page, se wenresep. – Deidré Louw, Plaas Media

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan deidre@plaasmedia.co.za.

Must read

Statutêre maatreëls vir wintergrane afgekondig

Die minister van landbou, John Steenhuisen het vandag, 27 September 2024, statutêre maartreëls vir wintergrane laat afkondig wat vanaf 1 Oktober 2024 ingevorder moet word. Die doel van die statutêre heffings is om finansiële bystand...
RSG Landbou, lamtyd

Die jeug kraai koning – dié week op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: NAMPO Kaap 2024, aangebied deur Graan SA in samewerking met Bredasdorp Park NPC, het...

Agri NK hou sy 45ste kongres in Kimberley

Estimated reading time: 10 minutes Wat is my en die georganiseerde landbou se verantwoordelikheid in die landbou? Dit was die vraag waarmee Willem Symington, president van Agri Noord-Kaap (Agri NK), die organisasie se 45ste jaarkongres...

’n Suid-Afrikaanse Wolbemagtigingstrust vir ekonomiese vooruitgang en ontwikkeling

Estimated reading time: 3 minutes ’n Wolbemagtigingstrust wat swart ekonomiese bemagtiging binne-in die Suid-Afrikaanse wolbedryf, van plaasvlak regdeur die waardeketting sal bevorder, is vandeesmaand bekendgestel. Cape Wools SA het sowat 18 maande gelede ’n proses...

Wees waaksaam met snotsiekte

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte rig jaarliks groot skade in veetroppe aan. Dit is ’n virussiekte wat deur wildebeeste na vee oorgedra word. ’n Kenmerk van die siekte is die etterige neus- en oogafskeidings wat...